top of page

Naka vs Centurion

Naka Bulle het gisteraand op hulle tuisveld, n goeie aand geniet , nadat al vyf hul spanne  koning gekraai het oor die spanne van Impala.

Die Eerste span het goed afgeskop en vinnig die voortou geneem,om met rustyd  20    10 voor te loop.

Hierdie was egter n baie taai stryd, wat tot op die einde in die weegskaal  was, en deur enige van  die spanne gewen kon word.Dit was egter die span van Naka wat karakter getoon, en  met hulle dodelike verdediging, en wil om te wen, tot op die einde geveg het vir hulle oorwinning.Maklik was dit egter nie, en het die manne van die Moot, nadat hulle aanvangklik swaar geleef het in die scrums, ook hierdie  afdeling van die wedstryd bemeester.

Naka se goeie begin, het ontstaan, deurdat die agterlyn  ,met  elke bal wat  hulle ontvang het, bereid was om te hardloop.Hier was die skakelpaar, Donovan O grady en  kaptein Anthony Beswick  prominent.Die voorspelers met haker Christoff Crail, wat deurgans puik gespeel en  sy lynstaanmanne goed gevind het, moet vermeld word. Die waarde van goeie en lang slotte, is deur  Adriaan Brits, en Juan vd Westhuizen onderstreep.Hierdie twee manne het soos die res van die agttal, hul harte uitgespeel.

Marinus vd Watt en sy afrigtingsspan, behoort  tevrede te voel na hulle harde werk met die span,uiteindelik positiewe resultate gelewer het.

Intussen het Naka n gevoelige terugslag beleef toe hul gereelde kaptein hom  gister voor die wedstryd aan die span moes onntrek agv n blindedermoperasie.Daar word gehoop dat hy binnekort sy pligte sal kan voortsit.

Die tweede span het in n ewe harde wedstryd alles uitgehaal om die wedstryd in hul guns te beklink.Dieselfde kan gese word van die derdes en onderoudredomspanne.

Uitslae soos volg.

1stes NAKA 23 [DRIE DRIEE ,1VERVYF EN 2 STRAFSKOPPE,]IMPALA 3 DRIEE EN 1 VERVYF] total 17 PUNTE

Puntemakers vir Naka was Lawrence Cleminson,Robin Goliath,en Fanie Rasarorka elkeen n drie, terwyl Anthony Beswick met n vervyf en 2strafskoppe geslaag het.

2des  Naka 35  26

3des Naka 49  10

o/21 Naka 94   0

0/20  Naka  40  0

Intussen meet Naka op Saterdag  7 Mei weer op hul tuisveld, kragte teen die spanne van Dragonsrugbyklub.

Groete,

buks

© 2016 

bottom of page