![](https://static.wixstatic.com/media/41d000_03cb368ad3851ce566183a2a50db1c6a.png/v1/fill/w_1360,h_960,al_c,q_90,enc_avif,quality_auto/41d000_03cb368ad3851ce566183a2a50db1c6a.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/36a859_72c8bc9480e84ed6be28bf0d40f68407.png/v1/fill/w_245,h_68,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/36a859_72c8bc9480e84ed6be28bf0d40f68407.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/36a859_8a87244a4ab34884bd6ebda1ad80f22f.png/v1/fill/w_266,h_68,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/36a859_8a87244a4ab34884bd6ebda1ad80f22f.png)
TEL: 082 925 7206
Club Manager - Buks Burger
![naka2b-520x400](https://static.wixstatic.com/media/36a859_a5dacb4121a74a45a20fb521ca90d483.jpg/v1/fill/w_520,h_400,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/36a859_a5dacb4121a74a45a20fb521ca90d483.jpg)
![IMG_8678](https://static.wixstatic.com/media/36a859_8504f2a910a44f40a93e96a8cd608b97.jpg/v1/fill/w_980,h_551,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/36a859_8504f2a910a44f40a93e96a8cd608b97.jpg)
![IMG_0203](https://static.wixstatic.com/media/36a859_cf2290a51573497098223fbcfc1d73f7.jpg/v1/fill/w_980,h_551,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/36a859_cf2290a51573497098223fbcfc1d73f7.jpg)
![naka2b-520x400](https://static.wixstatic.com/media/36a859_a5dacb4121a74a45a20fb521ca90d483.jpg/v1/fill/w_520,h_400,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/36a859_a5dacb4121a74a45a20fb521ca90d483.jpg)
Naka vs Quins
Naka Bulle het gisteraand op hulle tuisveld, n goeie aand geniet , nadat al vyf hul spanne koning gekraai het oor die spanne van Impala.
Die Eerste span het goed afgeskop en vinnig die voortou geneem,om met rustyd 20 10 voor te loop.
Hierdie was egter n baie taai stryd, wat tot op die einde in die weegskaal was, en deur enige van die spanne gewen kon word.Dit was egter die span van Naka wat karakter getoon, en met hulle dodelike verdediging, en wil om te wen, tot op die einde geveg het vir hulle oorwinning.Maklik was dit egter nie, en het die manne van die Moot, nadat hulle aanvangklik swaar geleef het in die scrums, ook hierdie afdeling van die wedstryd bemeester.
Naka se goeie begin, het ontstaan, deurdat die agterlyn ,met elke bal wat hulle ontvang het, bereid was om te hardloop.Hier was die skakelpaar, Donovan O grady en kaptein Anthony Beswick prominent.Die voorspelers met haker Christoff Crail, wat deurgans puik gespeel en sy lynstaanmanne goed gevind het, moet vermeld word. Die waarde van goeie en lang slotte, is deur Adriaan Brits, en Juan vd Westhuizen onderstreep.Hierdie twee manne het soos die res van die agttal, hul harte uitgespeel.
Marinus vd Watt en sy afrigtingsspan, behoort tevrede te voel na hulle harde werk met die span,uiteindelik positiewe resultate gelewer het.
Intussen het Naka n gevoelige terugslag beleef toe hul gereelde kaptein hom gister voor die wedstryd aan die span moes onntrek agv n blindedermoperasie.Daar word gehoop dat hy binnekort sy pligte sal kan voortsit.
Die tweede span het in n ewe harde wedstryd alles uitgehaal om die wedstryd in hul guns te beklink.Dieselfde kan gese word van die derdes en onderoudredomspanne.
Uitslae soos volg.
1stes NAKA 23 [DRIE DRIEE ,1VERVYF EN 2 STRAFSKOPPE,]IMPALA 3 DRIEE EN 1 VERVYF] total 17 PUNTE
Puntemakers vir Naka was Lawrence Cleminson,Robin Goliath,en Fanie Rasarorka elkeen n drie, terwyl Anthony Beswick met n vervyf en 2strafskoppe geslaag het.
2des Naka 35 26
3des Naka 49 10
o/21 Naka 94 0
0/20 Naka 40 0
Intussen meet Naka op Saterdag 7 Mei weer op hul tuisveld, kragte teen die spanne van Dragonsrugbyklub.
Groete,
buks
![naka 3](https://static.wixstatic.com/media/36a859_1750071a2e82402f9222cc22b53b6ecb.jpg/v1/fill/w_256,h_197,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/36a859_1750071a2e82402f9222cc22b53b6ecb.jpg)
![naka 2](https://static.wixstatic.com/media/36a859_3d77335fc5af4094a84cb87d684e1fc0.jpg/v1/fill/w_285,h_177,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/36a859_3d77335fc5af4094a84cb87d684e1fc0.jpg)
![Naka 1stes - Eagles 1stes.3e9458b5](https://static.wixstatic.com/media/36a859_d623086a01244fd3b4f1beb8588a13ae.jpg/v1/fill/w_645,h_430,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/36a859_d623086a01244fd3b4f1beb8588a13ae.jpg)